Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue

Agtergrond

Geleë in die hart van die Koebergstreek, met sig van die Louw Familieplaas is Eensgezind. Sedert 2007 word die onthaal, as ideaal van eienaar Marina Louw, gebruik as ‘n poort waardeur pasgetroudes die lewe saam binnegaan. Met fokus gevestig op ‘n professioneel, tog persoonlike diens bied Eensgezind se span die geleentheid vir beide ‘n hoogs suksesvolle en pragtige trouedag. Dus verseker ons jou van ‘n prag geleentheid waar drome ‘n realiteit word.

Eensgezind is geleë in die middel van ‘n natuurryke omgewing; ‘n dam wat teen aan die onderdakse terrasgrens, groenvelde en vele beeldskone tonele...’n droomskepping vir enige wêreldklas fotograaf.

Ons gespesialiseerde kombuis, met ‘n eersteklas kok, verseker jou gaste van ‘n maaltyd wat nooit vergeet sal word nie deur ‘n spyskaart wat vir ‘n moderne as ook tradisionele palet voorgestel is. Canapes is beskikbaar vir gaste met hul aankoms wat gevolg word deur ‘n uitstekende drie-gang maaltyd.

Die saal kan ‘n kapasiteit van maksimum 250 gaste hanteer (afhangende van die behoefte tot dansvloergrootte). Daar is ook parkering vir ten minste 500 motors.

Ons verskaf die volgende dienste:

  • Blommerangskikking
  • Huur van toerusting
  • Dekor
  • Voedselvoorbereiding
  • Vol gelisensieerde kroeg
  • Rolstoel vriendelik

Eensgezind is ten volle in staat om jou troue vir jou te beplan en te maak realiseer. Op jou spesiale dag sal ons puik span teenwoordig wees sodat jy kan ontspan en die meeste van jou tyd kan maak.