Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue

Troues & Funksies

 ~ Kroegfasiliteit

Eensgezind beskik oor 'n volledig toegeruste kroeg wat net reg is om almal te vrede te stel en goed versorg te laat voel.

Daar is twee opsies om van te kies.

"Oop" kroeg op rekening van die bruidspaar

  • Met 'n "oop" kroeg sluit die koste in: kurkfooie vir wit-en rooiwyn, vonkelwyn, sjerrie, bestanddele vir pons en sap vir tafels. Eensgezind sal ys, glase en ysemmers voorsien wat gebruik kan word tydens die funksie.
  • Sekere soorte bier, "ciders", "coolers" en sterk drank (bv. whisky, brandewyn) sal verkoop word.

Kontantkroeg met Eensgezind se drank en tariewe

  • Die tariewe vir die kroegfasiliteit sluit in kurkfooie vir enige rooiwyn, witwyn, vonkelwyn, sherry en sap vir die tafels, plus die glase, ysemmers en ys wat deur Eensgezind voorsien word tydens die funksie.
  • Drank sal aan gaste tydens die funksie verkoop word teen Eensgezind se vasgestelde tariewe.

Die kroegmanne is nie ingesluit in die bogenoemde opsies nie en sal apart bereken word.

Kroegman(ne) en kelners

  • Eensgezind werk met een kroegman vir elke 70 gaste.
  • Die kroegman(ne) is verantwoordelik vir die uitpak en kontrole van enige drank; sal tydens die funksie drankies bedien en beheer uitoefen oor gebeure in die kroeg.
  • Die kroegman sal na afloop van die funksie vasstel hoeveel drank oor is en toesluit in die kluis en dan 'n kosteberekening doen vir die kroeg.
  • Die spyseniers sal reeds die kosbediening en verwydering van borde, messe en vurke behartig, maar indien u sou verkies dat gaste ook bedien moet word met drankies, kan kelners daarvoor beskikbaar gestel word teen 'n aditionele koste.
  • Hierdie kelners sal ook verantwoordelik wees daarvoor om leë bottels en vuil glase van die tafels te verwyder.