Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue

Skakels

Ons lewer nie die volgende dienste nie, maar ons verskaf graag kontak besonderhede/besigheidskaartjies vir die volgende dienste verskaffers:

  • Musiek
  • Fotograaf en Videograaf
  • Verblyf
  • Trourokke
  • Hare en Grimering

 

 

Reëls vir Musiek, Foto's, Fotograaf en Videograaf:

  • U sal verantwoordelik wees om die bogenoemde self te reël teen u eie rekening.
  • Eensgezind kan u bystaan met kontaknommers en reëlings.
  • Die DJ moet ook voorsiening maak vir toesprake (mikrofone ens.).
  • DJ's en kontrakteurs vir beligting, klank of ander gespesialiseerde toerusting, moet die bestuurder by Eensgezind laat weet wanneer hulle beoog om by die saal te arriveer.
  • Die installasie van toerusting sal gemonitor word en voorsorgmaatreëls sal getref word, maar Eensgezind sal nie aanspreeklik gehou word vir enige beskadiging of verlies van toerusting nie.
  • Indien u, u troudiens by die saal wil hou, sal u verantwoordelik wees vir u eie klank tydens die diens.
  • Enige betrokke persone wat werksaam is tydens 'n formele funksie, moet asseblief geklee wees in 'n netjiese donker langbroek en netjiese hemp (m.a.w. ook DJ's, fotograwe en videograwe).