Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue Eensgezind Function Venue

Troues & Funksies

 ~ Spyseniering

Ons het 'n goed toegeruste professionele kombuis met 'n geïnspireerde sjef wat sal omsien na al u behoeftes. Die spyskaart het moderne asook meer tradisionele tuisgemaakte disse wat 'n wye verskeidenheid bied sodat jy seker kan wees al jou gaste sal tevrede wees.

Spysenieringskostes word per persoon bereken en sluit in:

  • Voorgereg, hoofgereg, nagereg, tee & koffie na die tyd.
  • Stoele, tafels, tafeldoeke, lapservette, stoeloortreksels, tafellopers, stoelstrikke, breekware, eetgerei, sout en peper.
  • Dek van tafels, opdiening en skoonmaak van die saal na u funksie in.

'n Keuse kan vanaf ons spyskaart gemaak word.

U is welkom om veranderings of voorstelle te maak en kostes te bespreek met Eensgezind.

Spysenieringskostes mag ook verander na gelang van veranderings wat aangebring word op die spyskaart.

Skakel ons gerus direk vir die opsies vir vooraf happies.